Mamba

Dit is die verskyning van die slang wat die duiwel losgelaat het. Tog het die moeilikheid reeds vroeër begin …
 
Adriaan Botha, losloper-argitek, besluit om die land te verlaat. Hy stel sy plan uit ten einde ʼn hoëprofielprojek te voltooi. Intussen erf hy ‘n Bosveldplasie by ’n oupa wat hy nooit geken het nie. Terwyl hy sukkel om dié nuus te verwerk, dwing ’n insident met die kliënt se vrou hom om die stad inderhaas te verlaat. 
 
Vergesel deur sy geliefde hond gaan skuil hy op die plaas in ’n afgeleë hoek van die Waterberge en spoedig raak hy al hoe vaster verstrik deur ’n sameloop van onverwagte gebeure. 
 
As hy maar net vroeër rigting gekry het! Hoe de hel gaan hy lewend hier uitkom? Sy oupa kon hom netsowel ’n tuimeltreinrit nagelaat het. 

Resensies

OOR DIE SKRYWER

PIETER HENNING is in Pretoria gebore en het in Pietermaritzburg grootgeword. Ná matriek studeer hy Veekunde (BSc Agric) aan die Universiteit van Pretoria. Met sy studies en twee jaar se militêre diensplig agter die rug, vestig hy hom in 1980 in Pretoria en begin ‘n loopbaan as professionele veekundige. In Maart 2020 tree hy amptelik af en sit sy beroep deeltyds voort as vryskutveekundige. 
 
“Van my vroegste jare af, toe ek as standerd 1-kind tussen die hoë boekrakke van die Pietermaritzburg munisipale biblioteek rondgedwaal het, was ek baie lief vir lees, veral fiksie. Saul Bellow het eenmaal gesê: ‘A writer is a reader moved to emulation’ Dit was inderdaad met my die geval.” 
 
Êrens uit dié liefde vir lees het ‘n droom ontstaan om self eendag ‘n roman te skryf. Mamba is die produk van daardie droom. Maar nie die eindproduk nie; Pieter is reeds besig met ’n tweede roman, wat beoog om die verhaal van Adriaan Botha verder te neem.

Kies jou gunsteling formaat

E-Boek

$5.99

Vir die tegnologie-slim leser wat nooit op ‘n lang pendel sonder ‘n betroubare e-leser vertrek nie, laai hierdie boek direk by Amazon af.

Sagteblad

R340.00

Versending uitgesluit

Hou jy nog van daardie “nuwe-boek-reuk”? Ons verstaan. Daar is niks verkeerd daarmee om ouskool te wees nie. Bestel jou
sagtebandkopie hier.

Uittreksel

Gratis

Steeds op die heining? Ons ken die gevoel. Laai ‘n uittreksel uit die boek af om jou te help om jou besluit te neem voordat jy jou verbind.